High Scores
There are no High Scores Yet.
image licenses
Some of the images from this list come from Flickr and/or Wikipedia and are licensed under the Creative Commons. This product uses the Flickr API but is not endorsed or certified by Flickr.

All terms in this list:

Snytande/insisors: Beitelvormige tande vir byt of knaag.

Webbe: Vliese tussen watervoëls se tone wat swem vergemaklik.

Konies: Vorm van ’n herbivoor voël se snawel(keëlvormig).

Spiermaag: Die spieragtige gedeelte van ’n voël se spysverteringskanaal waarin klein klippies help om voedsel verder te verteer.

Kliermaag: Die gedeelte van ’n voël se spysverteringskanaal wat verteringsensieme afskei om kos te verteer.

Krop: Die gedeelte van ’n voël se spysverteringskanaal waar kos tydelik gestoor en gedeeltelik verteer word.

Kloue: Naels vooraan diere se tone.

Mandibel: onderkaak

Maksilla: bo-kaak

Eksotermies: Diere wat se liggaamstemperatuur aanpas by die omgewing. Hulle is onaktief indien die temperatuur te laag word (koudbloedig).

Endotermies: Diere wat hulle liggaamstemperatuur kan handhaaf ongeag die temperatuur van die omgewing(warmbloedig).

Oogtande/canini: Keelvormige tande vir skeur en byt.

Voormalers/premolare: Tande met puntige knobbels om voedsel te maal en te kou. Het gewoonlik twee wortels

Malers/molare/ware kiestande: Groter tande as voormalers, het gewoonlik drie wortels.

Knaagtande: Lang beitelvormige snytande wat nooit ophou groei nie. Dit is sagter aan die agterkant sodat dit afslyt van agter na voor en dus altyd skerp bly

Diastema: Die opening tussen die snytande en kiestande by herbivore.

Retikulum/ kleinpens: Die gedeelte van die spysverteringstelsel van ’n herkouer waar gedeeltelik verteerde voedsel geberg word daarvoor weer na die bek gebring word om te herkou.

Rumen/grootpens: Gedeeltelik gekoude kos wat met speeksel gemeng is by herkouende diere beweeg na hierdie deel. Bakterieë breek die sellulose van plantselwande af.

Omasum/blaarpens: Gedeelte van die spysverteringstelsel van herkouers waar voedsel na herkouing fyngemaal word deur spierbewegings.

Abomasum: Melkpens waar soutsuur die bakterieë vernietig en ensieme die voedsel verder verteer. Terwyl ’n dier nog gesoog word loop melk direk na die melkpens.

Karnassiale tande: Gepunte, skerp kiestande waarmee vleis in repies “gesny” word by karnivore.

Friends with BookmarkOS

Definitions from Wiktionary under the GNU FDL.
Sentences copyrighted by their respective publishers.
terms of service privacy policy