loading...
« Previous 1 3 4
Click flashcard terms on the left to see their definitions.
High Scores
Match Game Times
130244f89a0cf20247585b50633981b9
jacques9630
51s
image licenses
Some of the images from this list come from Flickr and/or Wikipedia and are licensed under the Creative Commons. This product uses the Flickr API but is not endorsed or certified by Flickr.

All terms in this list:

Dorsaal: Die ruggedeelte of deel van die liggaam aan die bokant wanneer ’n dier op vier pote staan

Tetrapoda: Diere met vier pote

Notochord: ’n Buigbare staafvormige kraakbeenstruktuur wat by die embrio's van al die Chordata aangetref word

Trageas: Lugbuisies in sommige Arthropoda wat suurstof na die selle vervoer

Toraks: Die borsstuk by Arthropoda.

Kefalotoraks: Die kop en borsstuk wat vergroei het by spinnekoppe

Hemosianien: Die pigment waarin suurstof in Arthropoda vervoer word.

Hemoseel: ’n Gewysigde seloom wat met hemolimf gevul is

Hemolimf: ’n Mengsel van bloed en interstisiële vloeistof in die liggame van diere met ’n oop bloedvatstelsel

Ekdisie: Die term word gebruik om die proses waartydens Arthropoda vervel om te groei te beskryf.

Boeklonge: Lagies weefsel wat met hemolimf gevul is waardeur gaswisseling plaasvind in spinnekoppe. Dit het die vorm van ’n boek se blaaie.

Abdomen: Die agterlyf by Arthropoda. (maaggedeelte)

Tiflosool: ’n Invouing in die dermkanaal wat absorpsie oppervlakte vergroot

Ventraal: Die buik (maag) kant van ’n organisme

Setae: Borselhare op die liggaam van erdwurms wat help met beweging

Nefridia: Gepaarde uitskeiding buisies in die liggaam van sekere invertebrata

Klitellum: ’n Verdikte deel op die liggaam van die erdwurm wat slym afskei om sperms teen uitdroging te beskerm tydens voortplanting

Vlamselle: Selle in die uitskeidingsbuise van Planaria wat afvalstowwe uit die liggaam verwyder

Strobila: ’n Lang kettingvormige, gesegmenteerde agterlyf.

Skoleks: Die "kop" van ’n lintwurm met hakies en suiers om aan ’n gasheer vas te heg.

Sistiserkus: Die blaaswurm wat uit ’n onkosfeer ontwikkel in die sekondêre gasheer se spiere.

Proglottiede: Reproduktiewe (voortplanting) eenhede of segmente by die lintwurm

Onkosfere: Die larwes van ’n lintwurm. Dit is bedek met ’n harde dop

Kutikula: Beskermde laag op die epidermis van organismes om hulle teen spysverteringsappe en sure te beskerm

Kefalisasie: Die verskynsel dat diere ’n definitiewe voorkant (kop) ontwikkel waar senuwees en sintuigorgane gekonsentreer is.

Hermafrodiet: ’n Voortplantingstelsel met albei geslagte in een dier, bv. erdwurm

Cestodiase: Die term wat gebruik word indien ’n persoon met ’n lintwurm geïnfekteer is

Strobilasie: Nie-seksuele voortplanting deur die verdeling in segmente by ’n jellievis en lintwurm

Selenteron: Die sentrale holte in die liggaam van Cnidaria

Poliep: Die sittende of sessiele stadium in die lewensiklus van Cnidaria. Dit is silindervormig met ’n mondopening na bo gerig.

Nematosist: ’n Vloeistofgevulde kapsule met ’n lang spiraalvormige filament waarmee toksien in ’n prooi ingespuit word.

Mesoglea: ’n Nie-sellulêre jellielaag tussen die ektoderm en die endoderm by Cnidaria

Medusa: Die vrylewende stadium in die lewensiklus van Cnidaria, dit is van bo na onder afgeplat met ’n spysverteringsopening aan die onderkant

Cnidosiet: ’n Sel met ’n toksien gevulde kapsule wat deur Cnidaria gebruik word om ’n prooi te vang

Weefsel: ‘n Groep selle met ooreenstemmende struktuur en wat as ´n eenheid saamwerk

Spikula: Skeletstrukture wat in die mesohiel van sponse aangetref word en ondersteuning en beskerming verleen

Vivipaar: Die embrio ontwikkel binne in die moederdier

Septa: ’n Wand wat twee segmente van mekaar skei

Friends with BookmarkOS

Definitions from Wiktionary under the GNU FDL.
Sentences copyrighted by their respective publishers.
terms of service privacy policy